|
Dit is noodsaaklik om velle wat gelooi moet word ordentlik voor te berei. Dit is sodat velle vir 'n lang periode gestoor kan word en sodat vars velle nie bakteriese infeksie kry nie. Dit neem slegs 6 uur vir bakterie om die haarwortels te vernietig wat veroorsaak dat die vel hare verloor tydens die looiproses. In warm weer kan hierdie proses binne ure plaasvind.
- Slag die dier so vinnig as moontlik af nadat dit geskiet is.
- Verwyder alle oortollige bloed, vet en vleis.
- Was alle oortollige bloed en grond af.
- Indien moontlik, week die vel vir n paar uur in versadigde soutoplossing ( omtrent 20kg per 100 liter water) en voeg n antibakteriese middel soos Dettol by teen 100ml per 100liter water.
- As jy die vel van die soutoplossing verwyder, laat drup droog en gooi dan plat oop op skoon oppervlak met vleiskant na bo. Gooi sout op. Die vel moet bedek wees met sout (gebruik ten minste selfde gewig sout as gewig van vel) NB: Eerder te veel sout as te min. Vryf sout in voue van vel in.
- Die vel moet omtrent n week in sout lê waarna die vel in die son gedroog moet word. Hierdie droging moet so gou as moontlik gebeur sodat die vel heeltemal kan dehidreer. Die vleiskant sal dan skoon en wit vertoon. As daar nie tyd is om vel son te droog nie, rol die hele vel in die sout toe en droog by eindbestemming of bring die vel vir ons na die looiery.
Moet nooit:
- Die dier oor die grond sleep of in die son los na dit geskiet is nie.
- n Vel sout wat klaar begin uitdroog het nie. Week dit eerder in n versadigde soutoplossing.
- Bloed, vet of vleis op die vel los nie. (Sout penetreer nie vet en vleis nie)
- In n plastieksak stoor wat nie kan asemhaal nie behalwe vir vervoer.
|